‘n Onderwater park by Grüner See – Dit is hoe ons duik

Ek is nie groot op varswater duik nie. Miracle Waters is nie my idee van die beste duik nie. Ek hou van water waar die visibility darem toelaat dat ek my hand voor my gesig kan sien as ek dieper as 3 meter onder die water se oppevlak is. Gelukkig is daar varswater plekke soos Grüner See in Oostenryk.

Gruner See

Grüner See, die seisoenale duik bestemming

In die winter lyk Grüner See (of Green Lake soos die souties hom noem) nie na veel anders as ‘n moer koue klein dammetjie in die middel van ‘n park vol sneeu nie. Die dam word omring deur die Hochschwab berge, ‘n woud en baie sneeu. In die winter is die dam maar net 1-2 meter diep en in die middel van ‘n parkie. In die lente as die sneeu begin smelt dan word die dam aansienlik groter en dieper, tot en met 12 meter.

Gruner-See bench

Die water is ongelooflik skoon en dan word die parkie waarin jy kon stap in die winter, skielik ‘n parkie wat jy kan duik in die somer. Moet nie verkeerd verstaan nie: Net oor dit somer is moet jy nie dink jy gaan duik in jou shorty wetsuit nie. Die water wat Grüner See vol maak kom immers van sneeu wat smelt af, so die water se tempratuur wissel maar dussen so 6 en 9 grade Celsius.

Gruner See tree

Wat jy gaan sien terwyl jy duik is natuurlik baie goed wat vroër die jaar nie onder water was nie: die parkie se bankies, die padjies waarop mense gewoonlik stap en ook die bome en bruggies in die park is nou alles onder water. Jy sal ook trout en ander onderwater lewe sien.

Ongelukkig kan mens van 1 Januarie 2016 nie meer Grüner See duik nie, omdat ander duikers te veel skade veroorsaak het aan die natuurskoon. Moet nie een van daardie duikers wees nie. Nie te min, mens kan altyd droom en as ons gelukkig is dan sal hulle miskien weer duikers daar toelaat in die nabye toekoms. Grüner See is versker nie een van die diepste duike nie, maar dit is verseker een van die beste duike wat jy ooit sal hê in terme van visibility. Kyk net hoe skoon is daardie water!

Wil jy jou duik avontuur begin?

Of jy nou klaar kan duik, en of jy nog moet leer duik, Geko Divers sal met graagte jou help met jou PADI kwalifikasie, duik equipment en enige ander duik advies wat jy dalk kort. Kontak ons gerus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *