Jy lewe net een keer, kom ons duik!

Kom ek wees sommer eerlik vanaf post een: Ek is nie ‘n moerse ervare duiker nie. Ek het skaars 25 duike onder die belt en het slegs my Open Water kwalifikasie. Ek is nie’n fan van swem nie en oorspronklik het ek glad nie belang gestel in Scuba nie.

Soos elke person wat nie wil duik nie het ek my redes gehad. Ek kry maklik koud. Ek haat dit om koud te kry of in koue water te wees. Dit is die grootste rede hoekom ek nie sommer swem nie. Ek is ook baie bewus van die feit dat mense pap, pienk steaks is as ons gemeet word teen baie roofdiere. Ek vermy teen alle kostes die tande van enige groot kat, enige beer en ook haaie.

Shark Meme

Ek sukkel nie met leeus in die wildernis nie, en ek het ook nie belang gestel daarin om te gaan rond swem waar daar haaie is nie.

Toe ontmoet ek vir Dawie van Geko Divers.

Dawie het gereken ek moet dit eers die duik ding prober, voor ek besluit of ek daarvan hou of nie. Die eerste keer wat jy Scuba gear gebruik gebeur in ‘n swembad so daar is nie die gevaar element van groot visse met groot bekke vol groot tande nie. Dus kon ek nie anders as instem om dit te probeer nie.

welcome-to-shark-week-meme

Die eerste keer toe ek ‘n regulator in my mond sit, ‘n dive mask op my gesig, my kop onder die water druk en inasem het my hele perspektief op die wêreld verander. Wanneer jy nie jouself hoef te bekommer oor opkom om asem te haal nie, verander alles onder water. Dit was asof iemand my die sleutels gegee het na ‘n spaceship sodat ek ‘n ander planeet kan gaan verken. Die dag na die sessie in die swembad het ek nog haailose waters gaan verken in Miracle Waters. Die naweek na dit was ek weer by Miracle Waters om my Open Water kwalifikasie aft e handel.

‘n Paar weke later het ek in Sodwana my eerste seeduik gaan doen. Ek het skaars dit gemaak tot op die bodem toe ek my eerste haai sien. Ek het altyd gedink dat ek my wetsuit gaan bevuil as ek ‘n haai sien onder die water. Presies die teenoorgestelde het gebeur: Ek was ly om die haai te sien, want dit kon net sowel ‘n alien van ‘n ander planeet gewees het. Die haai het glad nie in my of enige van die ander duikers belang gestel nie en swem toe weg van ons af.

Ek was verbaas dat ek agter die haai wou aanswem. Dit is nie iets wat ek ooit sou gedink het sal gebeur nie. As jy my nou vra sale k nie eers vir jou kan verduidelik hoekom ek ooit bekommered was oor haaie nie, maar vaagweg kan ek onthou dit het iets met my dun beentjies en haaie se groot tande te doen gehad.

Nou weet ek dat haaie nie belangstel in duikers nie. Duikers maak te veel geraas en het te veel equipment aan wat heeltemal vreemd is vir ‘n haai. Nou kan ek nie wag om weer te duik in die see nie. Dit is werklik die naaste wat ek ooit sal kom aan op ‘n ander planeet wees, want as jy dink my vrees vir haaie is vreemd, het jy geen idee oor my vrees vir die aarde se atmosveer verlaat in ‘n ruimtetuig nie.

Miskien moet jy duik probeer, begin by Geko Divers met jou PADI Open Water Course.

One thought on “Jy lewe net een keer, kom ons duik!

  1. Pingback: 5 Vrese wat mense stop van scubaduik – Geko Divers | PADI 5* Scuba Centre in Pretoria

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *