Duik in ‘n krater by Bassas da India – Dit is hoe ons duik

Gelukkig vir my is die meerderheid van ons planeet onderwater. Daar sal altyd ‘n plekkie wees waaroor ‘n scuba duiker kan droom. Soveel so, dat jy kan begin dink aan goed soos: Ek wonder hoe sal dit wees om ‘n krater te duik wat onderwater is en toe onder ‘n koraalrif? Goeie nuus is dat Bassas da India bestaan en ons nie net daaroor hoef te wonder nie.

Duik die krater van Bassas da India

Bassas da India is ‘n Atoll (ring-vorminge rif, eiland of groep eilande gevorm uit koraalriwwe) amper in die middel van die stuk see wat sit tussen Afrika en Madagaskar. Bassas da India is die toppunt van ‘n onderwater vulkaniese berg wat 3000m bo die bodem van die see uit styg. Reg rondom die buistenste mure van die krater is ‘n fringing riff wat omtrent 100m weid is. Hierdie fringing riff omring die middelste lagoon in die opening van die krater. Die deursnee van die lagoon is sowat 11m en die lagoon se 15 meter diep op die diepste punt.

Bassas da India - Of the coast of Africa Google Maps
Net mooi tussen Mozambique en Madagascar lê Bassas da India
Bassas da India crater Google Maps
Van bo af op Google Maps kan jy mooi die fringing reef en lagoon sien van Bassas da India

Hoe kom jy tot by Bassas da India?

Jy moet gaan op ‘n seiljag, want dit is die enigste manier om by Bassas da India uit te kom. Jou seiljag sal gewoonlik van die kus van Vilanculos, Mozambique af vaar na Bassas da India. Die vaartog tot by Bassas da India vat min of meer 40 uur of twee dae, afhangende van die weer. Gewoonlik is jy net so 8 mense op die seiljag en oppad soentoe kan jy lees, visvang en kuier want as jy eers by Bassas da India kom gaan jy duik.

Catamaran Yacht that can sail to Bassas da India
‘n Catamaran seiljag word oor die algemeen gebruik om dive charters te doen na Bassas da India

Aangesien meeste van die seiljagte ‘n dive deck het sal jy maklik reguit van die boot af kan duik en tussen die duike kan jy maklik snorkel of visvang. Vir een of ander rede dink ek dit sal ‘n uitstekende idee wees om my fly fishing rig saam te vat vir baie van die vlakker dele van die lagoon. Of spear fishing is ‘n opsie. ‘n Lekker vars vis braai gaan natuurlik in orde wees.

Wat gaan jy sien as jy duik by Bassas da India?

Omdat dit nie maklik is om by Bassas da India te kom nie, is die riwwe so te sê ongeraak. Dus kan jy verwag om van die mooiste riwwe te duik wat jy al ooit gesien het, reg langs swart dieptes onder jou en die ope blou oseaan. Omdat die rif nie sigbaar is met hoogwater nie, is daar baie skeepswrakke regoor Bassas da India. Daar word gesê dat meer as ‘n honderde seevaartuie al hul permanente slaapplek gevind het op die rif van Bassas da India.

Silvertip Sharks can be seen diving at Bassas da India
Silvertip Sharks is volop by Bassas da India – Foto deur Marc Tarlock

Glo is daar baie haaie te sien, veral Silvertip Sharks maar in die oop blou water naby die rif van Bassa da Inda kan jy ook Kingfish, Hammerhead sharks, Zambezi sharks en selfs Sailfish sien. Op die riwwe kan jy Parrotfish, Fusiliers, Anthias, Wrasse, Butterflyfish, Angelfish, Moray eels, turtles en nog baie meer sien.

Twee dae se relax gevolg deur 3-4 dae se duik alles terwyl jy visvang van die boot af waarop jy bly? Klink vir my of Bassas da India verseker ‘n plekkie kort op my lysie van “Onderwater Willie se duikplanne”. Wie kom saam?

As jy nog nie kan duik nie, maar graag sulke avonture soos Bassas da India kan beleef, dan is jou eerste stap om Geko Divers te kontak vir jou PADI Open Water Diver kwalifikasie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *