Die Rooisee saam met hammerkoppe, dit is hoe ons duik

Vandat ek die eerste keer geduik het, het ek begin om ‘n lysie op te stel van plekke waar ek wil gaan duik. Die rooisee het die nommer een posisie gevat op die kortlys van “Onder Water Willie se duikplanne”.

Hoekom duik in die Rooisee?

Daar is verskye redes hoekom ek wil duik in die Rooisee. Soveel redes dat ek ‘n klein lysie kan maak. Jy lewe net eenkeer en dus wil ek probeer om die maksimum uit die lewe te kry. Sover ‘n bucket list gaan verdien die Rooisee ‘n plekkie op enige duiker se lys, en hier is net drie van die redes hoekom, mooi gelys hier onder.

Skole Hammerkop haaie

Om een haai te sien is cool. Om ‘n hele skool haaie te sien is verby cool. Tussen Mei en September is daar die kans om massiewe skole hammerkop haaie te sien in die Rooisee.  Veral rondom riwwe in die suide van die Rooisee soos by Elphinstone (kyk die video hier onder), Jackson Reef en Daedalus. Nie net ongelooflike mooi riwwe om op te duik nie, maar die kans om skole van duisende hammerkop haaie te sien terwyl jy duik op hierdie riwwe.

Hammerhead sharks in the Red sea

Klink vir my soos ‘n goeie rede om in die Rooisee te gaan duik.

Liveaboard-skepe laat jou duik in die skoot van luuksheid

Die kus van Suid-Afrika het baie lekker plekke om te duik. Gewoonlik moet jy die oggend lekker vroeg die boot help launch van die strand af. Dit is nie die einde van die wêreld nie, maar op die ‘n liveaboard op die Rooisee hoef jy nooit te “werk” om te duik nie.

‘n Liveaboard is ‘n luukse skip wat jou vervoer en verblyf is op die Rooisee. As jy op die skip is en jy wil duik, dan is dit so maklik soos gaan na die dive deck, sit jou Scuba gear aan en trap van die deck af in die Rooisee se water in. Siedaar, jy duik. Niks bote launch nie en niks gear dra na die strand toe nie. Om te duik van ‘n liveaboard af is letterlik so maklik soos val in die water in.

Liveaboard Red sea ship dive deck

Ja, daar is kostes verbonde maar as jy bietjie rondkyk kan jy bargains kry wat vlugte, en alles anders insluit. Dit is nou etes, drankies, duike en vervoer alles reeds voor betaal, want jy kry alles op die liveaboard. Kan jy regtig ‘n prys sit op die ervaring van ‘n leeftyd? Ek kan nie.

Die Rooisee het Egipte

Die souties sê altyd: When in Rome. Dus, as jy reeds in Egipte is vir die Rooisee dan kan jy net sowel die meeste maak daarvan en ook die piramides gaan sien. Ek het nogaltyd ‘n nuuskurige obsessie met die piramides en al daardie ou dinge van Egipte, so terwyl ek daar is sal ek graag bietjie tyd wil spandeer op land ook, net om goed te sien wat gebou is duisende jare voordat ek vir die eerste keer geduik het.

Pyramids of Giza in Egypt

Piramides, mummies, die Sphinx en duik vir so paar dae voor dit? Sê net waar moet ek betaal!

Kontak nou vir Geko Divers en hulle sal met graagte help om jou volgende duik trip te beplan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *