Day 7

Duik Dag 7

~ScubaTash

Vandag duik ek al presies ‘n week. Dit voel wel al BAIE langer!  Ons het vandag 8 Open-water course kliente gehad, wie ons by Hillcrest ontmoet het vir die oefening van hulle vaardighede. Dit was my eerste duik saam twee van die ander Geko-familielede, “Boef” en Wessel, wonderlike mense met ‘n goeie sin van humor, nes al die res. Hulle, JP en Anri het die kliente gehanteer terwyl ek en Devin net die geleentheid van die eerste keer saam ‘n groot groep ervaar het, alhoewel ons baie gehelp het om gear te dra vir die kliente, asook hulp onderwater gegee het waar dit nodig was. Ek het ook tyd gekry om met die gopro rond te speel. ‘n Groot groep is definitief nie ‘n grap om te hanteer onderwater nie. Maar die dag was ‘n reuse sukses, ons het amal ons verskeie werk goed gedoen en saam as ‘n span gewerk. Die belangrikste ding wat ek vandag geleer het is dat die kliente se geluk en gemak altyd heel eerste kom, en dit ons werk is om dit te verseker.

Boef demonstreer die “Giant Leap”:

‘n Klient:

“Mask Clearing”:

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *