Day 3

Duik Dag 3

~ScubaTash

Nog ‘n dag by Miracle Waters naby Brits. Vandag was dit ek, Jay, Aldo en Ri. Ek kan duidelik voel dat die duikery oefining is, en iets is om aan gewoond te raak. Maar alhoewel ek effens moeg is, is dit net te lekker om op te hou! Ons het vandag 3 duike in totaal gedoen. 

Met ons eerste twee duike het ek en Dirk weer oor die basiese vaardighede gegaan saam Ri, terwyl Jay en Aldo aan hulle Master en Instructor course vaardighede geoefen het. Daarna het ons “a fun dive” gedoen, waar ons almal as ‘n groep saam geduik het tot en met 18m. Ons het ‘n Combi, rekenaar, kombuis apparaat en vele meer gesien. Op 18m het ons ‘n skool bus bestudeer, wat werklik ‘n ervaring was. Soos ons dieper gegaan het, kon ek voel dat die water se temperatuur drasties laer word, ek het selfs koud begin kry. Dit is wonderlik as jy wat jy geleer het in die leerwerk begin interpreteer en beleef, soos die temperatuur verskil. Ek het ook ervaar hoe stresvol dit kan wees as die sigbaarheid onderwater so sleg is dat jy slegs die mense langs jou kan sien!

Ons het ook vandag in die laaste duik ‘n ordentlike vertikale “cesa” gedoen, wat vir my nog ‘n hoogtepunt was. Dit is verbasend om te voel hoe jou longe vol bly soos jy op gaan, dat jy tot bo kan “ascend” deur heeltyd uit te asem.

Ek was totaal uitgeput na die duik, en ons het almal ‘n slapie gevang in die kar rit terug. Ek voel al soveel meer gemaklik met die Geko familie, hulle is definitief mense wie jy om wil wees!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *