Day 14

Laaste dag van Umkomaas

~Scubatash

Umkomaas het werklik verby gevlieg😭 Ons het vanoggend vir oulaas vroeg gaan duik, en die visibility was tot en met 9m! Yassss! Die see was baie rof, dit het die skipper het 20min geneem om verby die golwe te kom. Selfs waar ons geduik het, was daar golwe. Dus was daar erge surge, maar ek was bly om dit te kon ervaar. Mens moet baie mooi kop hou met die surge en saam dit beweeg, want om jou kop te stamp teen ‘n rif (wat met my gebeur het) is beslis nie lekker nie!

Ons het ongelukkig nie haaie gesien nie, maar wel ‘n hele paar Raggie tande opgetel. Vandag was beslis die lekkerste duik van die naweek. ‘n Goeie manier om ‘n lekker naweek af te sluit. Ek is bietjie teleurgesteld dat ons toe nooit haaie gesien het nie, maar daars altyd ‘n volgende keer! Plus, ek duik vandag al presies 2 weke en ek staan al op 28 duike in totaal. Ek kan ook al amper kwalifiseer vir my rescue en advanced kursusse! Time flies when you’re having fun! 

Pretoria hier kom ons weer😎

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *