Day 12

Eerste dag in Umkomaas

~Scubatash

‘n Lekker vroeë oggend. Ons het rondom 5:30 opgestaan, koffie gedrink en begin om ons gear reg te kry vir ons eerste duik. Daarna het ons alles op die sleepwa gepak en af gery na die plek waar ons met die motor boot na ons “diving spot” toe gevat was.

Om oor die golwe te kom, moes on styf vas hou met life jackets aan, mens wil nie in die water in val in die hoof area vir bullsharks sonder enige gear aan nie! 🙈 Nie eers te praat oor die gevaar wat die golwe inhou nie. Maar met ons goeie skipper, Buffalo, het ons maklik en veilig deur die golwe gekom. Na 10min van ‘n verdere boot rit het ons die duik area bereik. Ek het die boot rit vreeslik geniet, dit is so mooi om op die see te wees, ek sal dit elke dag kan doen.

Ons het mekaar gehelp om op te gear op die boot, waarna die skipper vir ons afgetel het van 3 af om te “backroll” in die see in. Dit was vir my nogals ‘n stressvolle maar opwindende ervaring om vir die eerste keer alles van ‘n boot af te doen!

Die visibility was nie vreeslik goed nie, en die water was 15 grade 😱 Maar behalwe vir die vreeslike koud kry, het ek die duik baie geniet! Ons het baie Ray’s gesien, sowel as ‘n massiewe see skilpad! En natuurlik honderde visse van verskeie soorte. Dit was werklik ‘n onbeskryflike gevoel om daar onder in die see te wees vir die eerste keer. Alles is so kleurvol en helder, definitief iets wat ek glo elke mens moet ervaar.

Ek was veras oor hoe min ek gestres het, ek het slegs gestres toe ek die eerste keer my kop onderwater sit, maar vinnig kalmeer toe Aldo my wys dat ek besig was om te begin hiperventileer. Dis hoekom dive buddies en masters ook so belangrik is! My air consumption was ook normaal, waaroor ek ook trots was. Oor die algemeen was dit ‘n suksesvolle duik vir almal, en ons het dit baie geniet.

Na die duik het ons terug op die boot geklim (wat nogals ‘n stryd in die see is) en teruggekeer na die strand en die resort. Na ak die gear weer afgelaai, gewas en opgehang was, het ons ‘n heerlike ontbyt bestel. Die res van die dag het ons af gehad, waar ons na Scottburgh strand toe gery het en die middag daar spandeer het. Ons aand het ons weer geniet saam die Blue Ocean familie.

Scottburgh:

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *