Day 1

Die eerste duik

~ScubaTash

Maandag, 29 Januarie 2018.

Vandag het ek my eerste duik les by Geko Divers gehad. Ek het rondom 8:30 gearriveer by die winkel, waar die duik instrukteers en “interns” besig was om die Geko combi te laai met al die scuba “gear” wat ons sou benodig vir die duik. Almal het my dadelik baie tuis laat voel vandat ek ingeloop het. Dit was net ‘n paar minute toe was ek op pad na Hillcrest se swembad saam Devin, JP, Dirk en my duik instrukteer Ri-Christel.

Die kar rit het bestaan uit gesing, gelag, gesels en natuurlik musiek. Ek het dadelik gedink dat ek goed oor die weg kan kom met die Geko groep, hulle is baie rustig en vriendelik, en al is hulle steeds proffesioneel, was ek nie een oomblik ongemaklik nie.

Ons het by Hillcrest gearriveer en alles begin aflaai en swembad toe dra. Die “gear” was baie swaarder as wat ek verwag het, wat my nogal met ‘n skok gevang het! Na ‘n deeglike inligtingsessie met Ri-Christel oor die duik en wat ons gaan doen, het ek geleer om al die “gear” korrek op te stel. Na ons BWRAF het ons uiteindelik in die swembad geklim, wat ‘n verligting was met al die wetsuit se hitte! My eerste asem deur die “regulator” was baie vreemd, maar dit vat nie lank om aan gewoond te raak nie. Ons het die basiese vaardighede eers geleer, en toe sommer al die “confined” water vaardighede afgehandel. Met Ri se hulp kon ek alles tot my verbasing gemaklik reg kry, sonder om te veel te stres.

Ons was daar tot rondom 2, toe het ons  weer die “gear” uit mekaar gehaal, opgepak, en terug gery. Dit was vir my uitputtend, maar definitief ‘n ongelooflike ervaring!  

Die Combi:

  

 Ri-Christel met die “okay” hand sein:

 Combi fun:

Onder die water:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *