ATKV Posties kry duiklesse by Geko Divers

PostmatriekGeko Divers het onlangs die kans gehad om ‘n spul Posties van ATKV Postmatriek te leer duik as deel van hul skoolverlaters avontuur. Hierdie is deel een van ‘n reeks oor duik saam met die groep jongmense.

Duiklesse

Maandagoggend nog voor ontbyt het elke Postie vir hom-/haarself ‘n BCD, wetsuit, regulator, fins, booties en ‘n masker uit die Geko-trailer gaan uitteken en het Jan den Boef vir almal geleer hoe om hierdie toerusting aanmekaar te sit en reg te maak om mee te duik. Later het ons ons eerste “confined water” duik in die koue swembad op die oord gedoen om basiese duik vaardighede te oefen.

Eerste duikles: Open Water

Postmatriek leer duik
Die Posties en Dawie Schlebusch van Geko Divers

Dinsdag het ons vertrek na die Sterkfonteindam waar ons die volgende vyf dae sou spandeer om ons duikkwalifikasies te voltooi. Ons het dieselfde vaardighede wat ons in die swembad geleer het nou tydens ‘n “open water” duik saam met Anri Olwagen toegepas en ook ons eerste “altitude dive” gedoen.

PADI Advanced Open Water Duiklesse

Teen Woensdag het al die Open Water Posties reeds hul duiklesse voltooi. Die res het as deel van ons advanced kwalifikasie ‘n diep duik saam met Marc Riekert gedoen. Die groep het ongeveer 25m werklike diepte geduik en omtrent 31m teoretiese diepte.

Donderdag het ons Peak Performance Buoyancy en Underwater Navigation saam met ons drie duikinstrukteers beoefen. Chandré, Gerhard en Nelius, ons drie Dive Masters, woon in die tussen tyd byna elke duik by om hul kwalifikasies te voltooi en soveel moontlik te leer.

Posties 'n Avorntuur vol lag en ondervindingVrydag het die Advanced Posties hul kwalifikasie voltooi met ‘n praktiese les in Search & Recovery duike… P.S. Kompaswerk is nog moeiliker onder die water. Dawie Schlebusch het ook daardie dag vir die eerste keer geduik om die Rescue Posties se kwalifikasie met ‘n ervare hand te lei.

Saterdagoggend het ons in ‘n ligte reëntjie ons tentjies afgeslaan en huis toe gegaan. Terug op die oord het ons al ons kos- en gereedskapkratte silwerskoon gewas en het ons die oorbly bestandele terug in die spens gebêre. Die res van die dag het al wat ‘n Postie was ‘n middagslapie gevang.

Sondag het ons al die reëlings vir Sodwana en Mosambiek gefinaliseer, kospakkies gemaak, busse gewas en gepak vir ons laaste hoorah.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *