5 Vrese wat mense stop van scubaduik

Vir lank het ek nie eers ‘n bietjie belangstelling in scubaduik gehad nie. Daar was verskeie redes, maar meestal was my vrese omdat ek niks geweet het van scubaduik nie. Die eerste keer toe ek by ‘n pool session my kop onder die water sit en inasem deur my regulator, toe het meeste van my vrese dadelik verdwyn. Hier is vyf van die algemeenste vrese wat mense weerhou van scubaduik.

Jy is bang jy gaan verdrink

Dit is heeltemal natuurlik vir ons om ‘n vrees te hê vir verdrink. Ek weet nie van jou nie, maar ek voel eenvoudig net veiliger met my voete op die grond eerder as in die water. Ek is immers ‘n soogdier wat op land lewe en dus is ons ongemaklike vrees vir verdrink natuurlik. Met dit gesê, scuba gear is ontwerp spesifiek om jou te keer van verdrink. Jou BC, regulator, die cylinder vol lug op jou rug en alles anders wat jy gebruik terwyl jy scuba duik is gemaak om jou toegang te gee tot ‘n wêreld wat jy nie normaalweg sal kan sien sonder om te verdrink nie.

Vat dit stadig, en jy sal vinnig agterkom dat jou vrees van verdrink onnodig is as jy scuba gear aan het. Begin dalk soos ek het deur net jou gesig omder die water te sit en in te asem deur jou regulator vir die eerste keer. Van hier af gaan die stappe nie meer so vreesaanjaend wees nie en voor jy jouself kan kry gaan jy duik in die see, ‘n hele ander wêreld.

Entevrees

Wanneer jy so paar meter onder die water is, is daar geweldige druk betrokke. Alhoewel meeste mense nie eers die druk regtig voel nie, kan dit veroorsaak dat party mense entevrees begin ervaar. As jy voel jy is vasgevang onder die water, vat ‘n oomblik om rond te kyk om jou en te besef in hoe groot oop spasie jy eintlik is. En met jou scuba gear kan jy daardie spasie verken soos wat jy nog nooit van te vore sou kon nie.

Vrees van haaie

welcome-to-shark-week-meme

Ek het self ‘n groot vrees vir haaie. Ek het vinnig uitgevind dat haaie nie enigsins belangstel in scubaduikers nie. As jy mooi daaroor dink is dit baie logies: ‘n Scubaduiker maak baie geraas (elke keer as jy inasem of uitasem), daar kom ‘n ongelooflike hoeveelheid borrels van jou af en jy het ook allerhande elektriese gereedskap ooral op jou lyf. Haaie verstaan nie wat ‘n scubaduiker is nie. Vir ‘n haai is ‘n scubaduiker ‘n vreemde ding en haaie vermy eerder iets vreemd deur weg te swem.

Die eerste haai wat ek onder die water in Mozambiek gesien het, het ek skaars gesien toe swem hy ver weg van ons af. Behalwe as jy gaan swem met vleis aan jou voorkop vas, sal ‘n haai jou tien teen een eerder vermy as jou probeer eet.

Die vrees dat jou lug gaan klaar raak

Dive cylinder funny cartoonWanneer jy jou PADI Open Water kursus doen, is een van die eerste dinge wat jy leer om jou lugdruk dop te hou. Jou dive instructor en ook jou dive master gaan jou gereëld vra op hoeveel bar jy is met die handseine wat jy leer vir gebruik onder die water. Dit word vinnig vinnig tweede natuur om ‘n ogie te hou op hoeveel bar jy oor het en wanneer jy 50 bar tref is daar meer as genoeg tyd om weer terug na die water se oppervlak te beweeg sonder om jou lewe in gevaar te stel.

Jy leer ook van die buddy system. Elke duiker het ‘n buddy of is ‘n buddy vir ‘n ander scubaduiker. Elke duiker (en dus buddy) het ‘n back-up regulator. As jy dus nie meer lug oor het nie, sal jou buddy jou kan lug gee met sy back-up regulator terwyl julle weer terugkeer na die oppervlak van die water. Jy sal ook vinnig jou duikgereedskap begin vertrou en besef dat jy nie hoef ‘n vrees te hê vir nie meer lug hê nie. Onthou scuba gear word ontwerp vir wat dit doen, en met die regte opleiding (soos wat jy by Geko Divers se instuctors kry) sal jy weet hoe om enige situasie te hanteer.

Die vrees van mislukking

Niemand wil iets begin wat hulle nie kan klaar maak nie. Niemand wil ‘n mislukking wees nie. Scubaduik klink dalk vir jou soos ‘n moeilike taak wat nie almal sal kan leer om te doen nie, maar die feit is dat enige mens van enige ouderdom kan leer scubaduik. Grootpraterige scubaduikers sal dit baie meer ingewikkeld laat klink as wat dit eintlik is en selfs die grootpraters sal erken dat dit een van die maklikste dinge is om te doen solank jy reg geleer word.

By Geko Divers het ons diving instructors jare se ondervinding. Daar is duisende mense wat scubaduik en as dit regtig so moeilik was sou daar nie so baie duikers gewees het nie.

Waarvoor wag jy? Kom ons duik

Jy is ‘n avontuurlustige mens wat hou van nuwe ervarings en dus is scubaduik ‘n wonderlike nuwe ervarig wat vir jou voorlê. Kontak Geko Divers vandag nog en begin jou duik-avontuur!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *