5 Redes hoekom jy ‘n dive computer moet kry

5 Redes hoekom jy ‘n dive computer moet kry

‘n Dive Computer is iets wat baie keer misgekyk word wanneer daar gekyk word na duik toerusting. Persoonlik dink ek dat ‘n duikrekenaar (ja, dit is die Afrikaans vir dive computer) een van die beste stukke gereedskap is wat ‘n duiker kan kry. Veral as jy so maklik goed vergeet soos ek. Kyk ook uit vir ons kompitisie om ‘n Aqua Lung i200 duikrekenaar te wen.

Hier is vyf rede hoekom ‘n duikrekenaar ‘n goeie aankopie is:

i200_right

‘n Dive computer het ‘n geheu soos ‘n olifant

Hoeveel keer het jy al gaan duik en na die duik wanneer jy jou logbook moet invul, dan moet jy iemand vra wat saam jou geduik het vir hulle dive computer data. Dan is dit ook nie 100% jou data nie, want jou vriend mag dalk so 5 meter hoër as jy rondgeswem het vir ‘n groot gedeelte van julle duik. Met jou eie dive computer gaan jy niks vergeet nie, en al die data is 100% jou data.

Dit help jou ‘n lugembolisme vermy

As jy jou duik vakansie vinnig wil versuur (miskien het jy ‘n bottel tequila wat moet gedrink word) dan is borrelsiekte ‘n baie goeie manier om dit te doen. Ons almal probeer dit dus vermy deur ‘n goeie ascent rate te handhaaf en die nodige safety stops te doen. Met ‘n duikrekenaar is dit baie makliker om die regte ascent rate te handhaaf en jy hoef ook nie jou jou kop te probeer tel om te weet hoe lank jy nou al op jou vyf meter safety stop is nie.

Meer akurate diepte en tyd informasie

Om die maksimum uit jou duik te kry moet jou beplanning so naby aan perfek wees as moontlik. Jy wil tog die meeste uit elke asem kry terwyl jy duik. ‘n Duikrekenaar gee net vir jou baie akurate informasie oor jou diepte en die hoeveelheid tyd wat jy op enige diepte spandeer.

Spandeer meer tyd onder die water met ‘n duikrekenaar

Omdat ‘n duikrekenaar al die dieptes en tye van ‘n multi-level dive kan volg, kan hy die perfekte tyd bereken wat dit veilig is om onder die water te spandeer en op watter diepte. Elke duiker moet duike kan beplan met ‘n duik tabel, maar dit sal nooit 100% akuraat wees soos met die informasie wat jy van ‘n dive computer af kan kry nie.

‘n Duikrekenaar maak enige duik veiliger

Veiligheid en beplanning is van ongelooflike belang by enige duik. Oor die informasie wat mens van ‘n dive computer kan kry, die klein alarms wat jou kan op hoogte hou van die informasie wat al gevang is, is mens se duike automaties ‘n bietjie veiliger. Jy kan versker duik sonder ‘n duikrekenaar, maar human error gebeuer met die beste van ons. Dus is dit nooit ‘n slegte idee om ‘n ekstra veiligheids stap te vat deur vir jouself ‘n duikrekenaar te kry.

Wen ‘n Aqua Lung i200 dive computer

i200_front

‘n Duikrekenaar is ‘n baie waardevolle stuk duikgereedskap vir elke duiker. Dus het ons besluit om een gelukkige duiker kans te gee om sy eie duikrekenaar te wen. Skryf in om ‘n Aqua Lung i200 dive computer te wen. Of koop een by die Geko Divers winkel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *